Welkom by Hoërskool Zastron
Baie welkom by Hoërskool Zastron, dié toonaangewende plattelandse skool in Suid-Afrika op Akademiese-, sport- en kultuurgebied.
Bogenoemde aanname kan slegs gemaak word indien daar uitnemende prestasies is wat hierdie stelling kan staaf. Spandeer gerus tyd op ons webwerf en vergewis u daarvan dat ons hierdie aanname nie uit die lug gryp nie, maar dit kan staaf deur ons prestasies en suksesse van die afgelope paar jaar.
Vriendelike groete.
D J VENTER, SKOOLHOOF



