Zastron logo r copy

skoollied

Prestasies

MATRIEK UITSLAIE 2016

Baie geluk aan die matriekklas van 2016 wat ons skool se naam hoog gehou het!

Vir die 32ste agtereenvolgende jaar het Hoërskool Zastron ‘n 100 % slaagsyfer behaal. Vier-en-twintig leerders het die eksamen afgelê en die klasgemiddeld was 63.8 %. Twee vakke het ‘n gemiddelde persentasie onder 60% behaal, sewe vakke ‘n gemiddeld bo 60% behaal, een vak bo 70 % en Rekeningkunde ‘n gemiddeld van 81.6% Skitterend!

Nwabi Mdladlamba is ons toppresteerder met ‘n gemiddeld van 83.7% en sy behaal ses onderskeidings, nl Engels Eerste Add Taal 83% ; Wiskunde 84% ; Lewensoriëntering 86% ; Besigheidstudies 80% ; Fisiese Wetenskap 80 %; Rekeningkunde 98%.

Samantha Louw is tweede met ‘n gemiddeld van 74.7 % met een onderskeiding! Die volgende leerders behaal elkeen onderskeiding : DJ du Plessis , Wiskundige Geletterdheid 80%; Duncan du Plooy Wiskundige Geletterdheid 87%; Lodewyk Janse van Rensburg Rekeningkunde 86%; Thea-marie Joubert Wiskundige Geletterdheid 88%; Cari Rossouw Lewenswetenskappe 81%; Zizi Sidzamba Lewensoriëntering 83%; Besigheidstudies 82%; Wilmarie van Eyssen Wiskundige Geletterdheid 85 % en Rekeningkunde 86 %. Daar was geen vakdruipeling nie.

Agtien van die vier-en twintig leerders kwalifiseer om ‘n B-graag aan die universiteit te gaan studier.

Baie geluk aan elke personeellid. Dankie vir elke ekstraklas wat gegee is, dit het verseker bygedra tot hierdie pragtige uitslae!

“Facta non Verba” – Dade nie woorde