Zastron logo r copy

skoollied

Skoollied

Op Vrystaatsgrond aan Aasvoëlberg se voet;
In Oostergloor van son se môregloed;
Waar blou Maluti ver weg troon en wink en
silwerglans op berge naby blink
Waar heuwelgroen die goud van graan ombind,
Dis waar ons Alma Mater hom bevind.
Die Hoërskool van Zastron, ons skool, ja!
Die leuse "Facta Verba Non", die dra
ons doel so vas, so sterk soos Bakenrots
die daad vir Land, vir Volk, vir God, ons trots
vir Land se bou ons Daad, vir Volk  se trou ons Daad
vir God se eer getrou, getrou
Ons Daad, ons Daad !