skoollied

TENNISTOERNOOI

Click to enlarge image T1.JPG

Die dubbelstoernooi was 'n groot sukses. Ons spanne het hulle baie goed van hul taak gekwyt. Die uitslae is as volg: Afdeling A - Seuns: 1ste - St Andrews, 2de - Zastron A (Verloor met een spel). Afdeling B - Seuns: 1ste - Zastron B, 2de - St Andrews. Dogters: 1ste - Zastron A, 2de - Fichardtpark. Die volgende skole het die toernooi bygewoon: Curro, HS Fichardtpark, St Andrews, HS Bloemfontein en Zastron. Baie dankie aan die volgende borge: Oog Bakkery, Madeira, BKB, Telwiedre Voere en Virbac...

Lees verder: TENNISTOERNOOI

REDENAARSKOMPETISIE

Baie geluk aan die wenners van ons redenaarskompetisie: Laerskool: 1st - Sweety Mdladlamba, 2de - Juan-Pierre Steenkamp, 3de - Asive Diba. Hoërskool: 1ste - Pieter Strauss, 2de - Nilè Smith, en 3de - Christine Wagenaar. Baie dankie aan die beoordeelaars: Mevv. Charmaine Smith, Lindie Naudè en Anneri de Kock. Baie dankie aan die ATKV Taalkibboets vir die prysgeld aan ons wenners en die ATKV Zastron vir die boekprys wat elke deelnemer ontvang het. U positiewe gesindheid word waardeer.

PUBLIC SPEAKING

Pub Sp

Baie geluk aan Bonolo Montsitsi, Dylon Buckland en Oratile Tsoaeli wat uitstekend tydens hierdie geleentheid gevaar het. Bolnolo is as die provinsiale wenner aangewys. Ons is trots op julle!

RUGBY : Onder 15

Baie geluk aan LJ Franzsen, Marcel Moelich, Pieter Veldman en Jaco Grobler wat in die finale 0/15 Iqhawe-span opgeneem is. hulle gaan vanaf 1 - 5 Oktoeber 2017 aan 'n toernooi in Johannesburg deelneem

RUGBY : Onder 9-span

Onder 9

Die naweek van 2 September 2017 neem die onder 9-span aan die 9 aan ‘n kant rugbytoernooi by Fichardtpark.   Twee helftes van 10 minute elk is per wedstryd gespeel. Hulle wen die laaste wedstryd 15 – 5 en sluit die seisoen met 11 oorwinnings af.   Baie geluk!